|
|
Nianell In South-Africa, the world-class singer-songwriter Nianell is known as the vivacious, fiery-haired and angel-tongued majestic mistress of music. With her immaculate voice, she dazzles with ease among four octaves. She is a vocal gymnast, her music original and exciting. Elements of Folk, Pop, R&B, Country, Classic and even Celtic music are all fused into her own unique style. In 2010 Nianell performed with the legendary Italian tenor, Andrea Bocelli at the Celebrate Africa event held during the FIFA World Cup hosted in South Africa. Nianell also performed at the finals of the FIFA World Cup, which was televised worldwide, sharing the stage with artist like Shakira and Freshly Ground. Nianell’s albums: “Who painted the moon”, “Angel Tongue” and “Life’s gift” all achieved platinum status, “I know I’m lucky” achieved Gold status. In 2010 Nianell’s latest album already achieved gold status and continues to climb in numbers.. |
|
|
Sjerrie en Chansons met Naomi Morgan en Emile Minnie Naomi Morgan en Emile Minnie neem die gehoor op reis deur van die mooiste Franse liefdesliedjies. Naomi, die vertaler van die Afri-Franse albums, ontsluit die betekenis van ou bekendes soos "La vie en rose" en "Je ne regrette rien", terwyl Emile die liedjies 'n nuwe baadjie gee met sy vars klavierverwerkings. Kom beleef die sjarme van die Franse chanson, aangebied met Naomi se flair en met Emile se kenmerkende energie en styl.
|
|
|
ANDRE SWIEGERS Na verlede jaar se suksesvolle vertoning is Andre is terug op publieke aanvraag by die 2011 Absa Fugardfees . Andre sê 2011 is ‘n jaar van toer vir hom - die hele land vol. Hy reken een van die hoogtepunte was - toe ‘n man ná ‘n optrede vir hom kom sê het dat hy die vertoning teen sy sin bygewoon het, maar baie bly was dat hy wel so gemaak het. André steur hom min aan die tipies-populêre liedjies van die dag – die wat kom en gaan. Hy glo musiek behoort nie volgens ‘n vasgestelde resep / formule te gebeur nie. Juis daarom beywer hy homself om musiek te skryf / sing wat eie identiteit het - musiek met siel.
|
|
|
MATHYS ROETS Mathys het geen bekendstelling nodig nie en kom maak ‘n draai gedurende die Fugardfees op Nieu Bethesda. Mathys het homself oor die afgelope veertien jaar as ‘n ernstige Afrikaanse vermaaklikheidskunstenaar gevestig, wat veral bekend is vir sy besonderse vertolking van musiek van Koos du Plessis, Lucas Maree, Leonard Cohen, Neil Diamond en Rodger Wittaker. Met meer as 250 vertonings per jaar in van die grootste stede tot die kleinste dorpies, het Mathys al so te sê ‘n huishoudelike naam in die Afrikaanse musiekwêreld geword. Mathys het reeds 14 CD’s vrygestel en is ook die eerste kunstenaar in Suid-Afrika wat ‘n DVD vrygestel het.
|